Local news

Bethal VLU-vroue leer van gesondheid

Belangstellendes is welkom om volgende vergadering by te woon.

Lede van die plaaslike VLU-tak het op 14 Februarie vergader en meer oor gesondheid geleer.

Marieta Venter het die vergadering geopen en Psalm 39:13-18 aangehaal. Sy het die vroue herinner dat elkeen uniek en belangrik gemaak is.

Sr Mirriam Sibanyoni het die lede toegespreek en oor verskillende soorte kankers gepraat.

Sibanyoni werk vir die Departement van Gesondheid op Bethal en sy het kanker beskryf as abnormale selle wat normale weefsel vernietig.

Sy het die lede herinner daaraan dat vroeë opsporing en voorsorg beter is as genesing. Sy het ook die lede se bloeddruk tydens die vergadering geneem.

Belangstellendes is welkom om die Bethal VLU-tak se volgende vergadering, wat in Maart plaasvind, by te woon.

Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button