Local newsLocal sportNewsStreeknuus

Dean ‘MacGyver’ Greyling sluit aan by Cullinan Rugbyklub

Oud-Bok vind ’n nuwe tuiste.

Cullinan Rugbyklub is in hulle noppies oor die aansluiting van Dean ‘MacGyver’ Greyling (37) by dié klub.

Greyling was een van die sterre van die 2004 Craven Week en het die Blou Bulle verteenwoordig tussen 2005 tot 2007.

In Julie 2011 het hy sy Springbok-debut in Sydney, Australië, gemaak. Tans boer Greyling met Brahman-beeste net so duskant Cullinan.

Volgens afrigter, André van der Merwe, wil Greying net eers oefen om weer sy ritme te vind, maar hy het wel aangebied om die klub se spelers te help met skrumtegnieke en ook om sy jarelange professionele ondervinding te deel.

“Ons is opgewonde om hom hier by ons te hê. Buiten sy kennis, is sy blote teenwoordigheid ’n groot moraal inspuiting vir die spelers.

“Op watter vlak Greyling by die klub gaan betrokke wees is nog onseker, maar wat wel seker is dat ons spelers daarby sal baat,” het Van der Merwe gesê.



Follow Us: Ridge Times: Standerton: Streeknuus

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button