Local newsSchools

Oosterland se leerders meet kragte op atletiekbaan op Secunda

Blou-span wen atletiekbyeenkoms.

Hoërskool Oosterland se interhuis-atletiekbyeenkoms het op Vrydag, 13 Januarie by die stadion op Secunda plaasgevind en die Blou-span het die byeenkoms gewen.

Celine Burger was nie net die beste veldatleet onder die senior dogters met haar spiesgooi-prestasie nie, maar ook die beste baanatleet vir haar goeie 100m.

Sy is ook as die senior victrix ludorum vir die dag aangewys.

Die ander atlete wat presteer en erkenning gekry het, is Centeché Koekemoer (beste veldatleet:junior dogter), Jason Pillay (beste veldatleet: junior seun), Siyabonga Msimang (beste veldatleet: senior seun), Kayden Veckrange (beste baanatleet: junior dogter), Eduan van der Merwe (beste baanatleet: junior seun), Conrad Powell (beste baanatleet: senior seun en senior victor ludorum), Amahle Ndlovu (junior victrix ludorum), Alex Lesch (junior victor ludorum) en Mart-Mari Lourens (beste middelafstandatleet).


You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button