Local news

Dr Pelser neem weer wenfoto’s by Hoëveld Fotografieklub

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms op 3 Februarie by te woon.

Die Hoëveld Fotografieklub het op 13 Januarie die jaar met hul eerste vergadering afgeskop.

Dr Leon Pelser se foto, Early Morning Fishing, was die beste in die voorgeskrewe afdeling. Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Januarie was Vakansie. Wouter Labuschagne het die foto’s vir die aand beoordeel.

Lorraine Botha se foto, Checking You Out Too, was die beste onder die junior fotograwe en sy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang, terwyl Hanno de Beer, se foto, Tight Race, die beste was onder die senior fotograwe.


Community hall in eMbalenhle is in a state of collapse


Hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Pelser het ook sertifikate van meriete vir sy foto’s Pad deur die Canola Land in die landskap afdeling, Under the Gecko’s Foot in die natuur afdeling, Shapes in Nature in die portret en Jane in die monochroom-afdelings ontvang.

De Beer het ook goed gevaar by die maandelikse kompetisie en sertifikate van meriete vir sy ander foto’s Through the Breakers in die portret afdeling en Tong en Son in die fotojoernalistieke afdeling ontvang.

Botha het ook sertifikate van mertiete vir Slithering Beauty in die portret afdeling en Holiday in die voorgeskrewe onderwerp afdeling ontvang.

Die ander fotograwe wat sertifikate van meriete vir hul foto’s geskry het is soos volg:

• Hester Griessel vir Jippee (natuurvoëls), Spookagtig Stil (landskap) en Lekker by die See (voorgeskrewe onderwerp)

• Hanlie de Beer vir Kaapse Oor Uil (natuurvoëls), O Nee Eina (natuur) en Die Splash (fotojoernalistiek)

• Adri Kirsten vir Rooibandsuikerbekkie (natuurvoëls)

• Louis van der Walt vir Garden Castle River View (landskap) Otter Hike Day 4 – Waiting to Cross Bloukrans (voorgeskrewe onderwerp afdeling),

• Barbara Mitton vir The Long and Winding Road (landskap afdeling)

• Danie Smit vir Bosphorus Cruise View (landskap) en Head to Head (fotojoernalistiek)

• Yolande Pietersen vir Kaapse Sunset 2 (landskap)

• Anzette Snyders vir Verlorenkloof en Loskop Valley Sunset (beide in die landskap afdeling), Circle of Life (portret), Garett, asook Italian Karoo (beide fotojoernalistiek)

• James Harris vir Smoke Break en Waiting for Help (beide monochroom), Gaboon Viper 2 (natuur) en Knysna Heads (voorgeskrewe onderwerp)

• Peter Winnan vir Sossusvlei (monochroom) en al drie Brothers Drinking, Cooling Off en Sunset Drink in die natuurafdeling

• Sussa Pelser vir When We were Young (monochroom), Plaaskinders (portret) en Early Morning Fishing (voorgeskrewe onderwerp)

• Johan Viljoen vir Intens (natuurafdeling)

• Bhavik Bhaga vir Mellow Yellow (portret) en The Path Unknown (voorgeskrewe onderwerp)

• Jeff Mostert vir Mother Nature, Video Capture with Phone en Surfer (al drie in die portret afdeling).

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op 3 Februarie om 18:00 by Scrum in by die Sasol Ontspanningsklub.

Die voorgeskrewe onderwerp vir Februarie is Januworry Verderworry – Platsak.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


Related Articles

Back to top button