Local sportStreeknuus

Moodaly en Dalgleish is rolbalkampioene op Bronkies

Balle rol reeds by die Bronkhorstspruit Rolbalklub.

Nathan Moodaly en Santie Dalgleish is die enkelspel-kampioene van die Bronkhorstspruit Rolbalklub.

Die klub het oor die naweek die enkelkampioenskap eindstryd gespeel.

Moodaly het teen Johan le Roux te staan gekom en die kragmeting met 21–18 gewen.

Dalgleish het in die enkelkampioenskap vir vroue vir Anna-Marie Vaughan met 21–14 geklop.

Elizabeth Kendall, die mediabeampte, het namens die klub verskeie mense bedank.

Santie Dalgleish (eerste plek) en Anna-Marie Vaughan het in die eindstryd van die Bronkhorstspruit Rolbalklub enkelkampioenskap gespeel.

“Dankie aan Johan Swart vir sy voorstel van die rondomtalie enkelspel wat die spelers die kans gegee het om tussen vier tot vyf wedstyde te speel, Sanie de Klerk vir die opdatering van punte, Manie Engelbrecht wat gesorg het dat die bane in orde was voor elke wedstryd en Bob Vaughan wat tyd afgestaan het om die pligte van merker haarfyn te verduidelik aan dié wat nog onseker was.

John O’Connell, die president, het sy oog oor alles gehou en gereeld aanmoedigende boodskape op ons WhatsApp groep gestuur het, braaivleis-byeenkomste gereël het en positiewe bydraes gelewer het.

“Dankie aan elke speler wat deelgeneem het, entoesiasties was en dit geniet het. Ons grootste dank aan ons Hemelse Vader wat alles moontlik maak,” het Kendall gesê.

Belangstellendes wat by die klub wil aansluit, kan John O’Connell by 083 408 5597 skakel.

Related Articles

Back to top button