Local newsNewsSportStreeknuus

Cronjé en Delport wen Vleilelie-byeenkoms by Delmas Gholfklub

Die baan het oudergewoonte gewemel van gholfers wat om die gesogte Vleilelie gholfdag se wenplek meegeding het.

Die gholfklub op Delmas het vanjaar weer hul Vleilelie Gholftoernooi aangebied. Die toernooi het oor twee dae gestrek en is op Vrydag, 17 November en Saterdag, 18 November aangebied.

Die baan het oudergewoonte gewemel van gholfspelers wat om die wenplek meegeding het.

“’n Week vantevore het ons nie geglo dat die dag moontlik sou wees nie. Die aanhoudende reën het dit byna in die wiele gery. Ons is dankbaar vir die mooi weer en sonskyn wat ons gedurende die toernooi gehad het,” het Johan Delport, kaptein van die Delmas Gholfklub, gesê.

Volgens Delport dien die Vleilelie-byeenkoms hoofsaaklik as ’n geldinsamelingsfunksie vir die Delmas Gholfklub.

Delport, het na afloop van die verrigtinge, die wenners aangekondig. In die eerste plek met 43 punte was Piet Cronjé en Johan Delport.


LEES OOK: Secunda se James Harris neem fotoklub se beste foto vir November


In die tweede plek is Roland Louw en Pieter Combrink. Eugene Gregory en Conrad Bezuidenhout het in die derde plek geëindig en in die vierde plek was man-en-vrou-span, Johan en Mariaan Hattingh.

In die vierde plek met 41 punte was Ean Nel en Francois Kruger. Die langste dryf van die dag het aan Willie Saaiman gegaan. Die naaste aan die pen het ook aan Delport gegaan.

Alpha Slaghuis op Eloff het pryse aan die twee spelers oorhandig wat die langste dag op die baan beleef het. Met 28 punte het die pryse aan Rooibok Jordaan en Elna Schoeman gegaan.

Die Delmas Gholfklub bedank Cerberus Sekuriteit wat die toernooi geborg het.

“Ons spelers het uitsonderlik veilig op die baan gevoel met van Cerberus se K9’s sowel as hul berede eenheid se teenwoordigheid.”


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button