Local newsNews

Kershaw-moord: verhoor op Delmas word weer uitgestel

Kershaw se liggaam was in die motorhuis aangetref. Sy was wreed aangerand en verwurg.

Vir die ma van ’n vermoorde dogter is die wag, twee jaar ná die wrede moord op haar dogter, steeds nie verby nie.

Twee verhoorafwagtendes, Elvis Kenneth Mashego en Reuben Thomas Tivane wat onder andere aangekla word van die moord op Grieta Spiers se dogter, Chantel Kershaw, het op Maandag, 7 November in die Delmas

Rondgaande Hooggeregshof verskyn op aanklagte wat wissel van die moord op Kershaw, die onwettige besit van ’n vuurwapen en ammunisie, sameswering om ’n rooftog uit te voer sowel as roof met verswarende omstandighede.

Die twee verdagtes se verhoor sou op dié dag begin en daar sou na verwagting op Vrydag, 11 November uitspraak gelewer word.

Beskuldigde nommer twee, Mashego se regspan het egter weer van die saak onttrek nadat sy prokureur bedank het en die advokaat vir die verdediging dus sonder ’n mandaat gestrand was.


LEES OOK: Luiperds Karate Club in Bronkhorstspruit grades fighters


Die hof het ’n verdere datum van Woensdag, 23 November vasgestel waarop die nuwe regspan vir Mashego sowel as die nuwe verhoordatum bevestig sal word.

Spiers en haar tweelingsuster, Elsie Coetzee, sowel as verskeie getuies was by die hof aanwesig, maar moes weer eens, onverrigtiger sake, huiswaarts keer.

Kershaw is op 30 September 2020 op ’n kleinhoewe op Rietkol, waar sy en haar ma gewoon het, vermoor. (Streeknuus, 9 Oktober 2020).

Spiers was in die huis aangerand, vasgebind en die huiswerker was in die toilet toegesluit. Kershaw se liggaam is in die motorhuis aangetref. Sy was wreed aangerand en verwurg.

Die twee beskuldigdes het in Spiers se bakkie van die toneel gevlug waar hulle op die R50-pad in ’n ongeluk betrokke was.


LEES OOK: Bronkhorstspruit co-operate diversifies food garden with Shoprite’s support


Die bakkie het gerol en die polisie in samewerking met die Sundra Bulldogs Buurtwag, kon daarin slaag om albei in hegtenis te neem. Die tuinier, Themba Moses Masuku is later op dieselfde dag ook in hegtenis geneem.

Masuku wat homself as die meesterbrein agter Kershaw se moord verklaar het, was tydens sy inhegtenisname reeds vir vyf jaar in diens van Spiers.

Masuku het skuldig gepleit op twee van die sake teen hom. Masuku het homself bereid verklaar om as getuie vir die staat op te tree en die klag van moord teen hom is teruggetrek.

Hy is op 4 Maart in die Delmas Rondgaande Hooggeregshof deur Regter Lindiwe Vukeya skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede en regsverydeling en tot 15 jaar gevangenisstraf gevonnis. (Streeknuus, 11 Maart) Mashego en Tivane bly in aanhouding.

“Dit is reeds meer as twee jaar na Chantel se moord. Sal ek ooit weet wie regtig my kind vermoor het?” het Spiers na afloop van die oggend se hofverrigtinge gesê.


Related Articles

Back to top button