Local newsNews

Geregtigheid vir Angie, eks-kêrel sit lewenslank

Na afloop van die vonnisoplegging het Watson sonder enige opmerkbare emosie, vlugtig sy familie gegroet waarna hy die hofgebou verlaat het.

Christopher Watson (33) moet lewenslank agter tralies deurbring na die moord op sy eks-meisie, Angelique Fourie (27).

Regter Johanna Mthimunye het Watson op Woensdag, 2 November in die rondgaande hooggeregshof op Delmas gevonnis.

Op die tweede klag, aanranding met die opset om ernstig te beseer, is ’n verdere drie jaar tronkstraf opgelê.

Watson, netjies geklee in ’n donkerblou broek en blokkieshemp, Bybel in die hand, het geen emosie getoon nie en die vonnis uitdrukkingloos aangehoor. Familie van Watson en Fourie was in die hofsaal teenwoordig.

Fourie se pa, Awie Fourie en sy oudste dogter Annalie Jacobs, het die Fourie-familie in die hof verteenwoordig. Terwyl Gawie Jacobs se hand regdeur die uitspraak styf vasgehou het, het sy dikwels gehuil.

Mthimunye het tydens haar uitspraak ook spesifiek na geslagsgebaseerde geweld (GBV) verwys en die feit dat president Cyril Ramaphosa die dag voor Watson se vonnis, na GBV as die tweede pandemie in die land verwys het.

“Nie ’n enkele dag gaan verby sonder dat ons van moord en verkragting op vrouens en kinders hoor nie.”

Volgens Mthimunye was die moord op Fourie onmenslik, pynlik en is sy soos ’n dier en boonop in die teenwoordigheid van hul driejarige dogtertjie vermoor.

“’n Klein dogtertjie wat nou sonder die liefde van haar ma moet grootword.”

Mthimunye het verder genoem dat Watson nooit die hof in sy volle vertroue geneem het deur aan te dui wat die werklike rede was waarom hy Fourie vermoor het nie.

Die staat het egter aangevoer dat daar ’n moontlikheid bestaan dat Watson Fourie van ’n verhouding verdink het.

Jaloesie kon dus as ’n waarskynlike motief vir die moord gesien word.

Na afloop van die vonnisoplegging, het Watson sonder enige merkbare emosie, vlugtig sy familie gegroet waarna hy die hofgebou verlaat het.


ALSO READ: 

Motorist sustains injuries when bakkie crashes into tree, lamp post in Secunda


Die vonnis op Watson het gevolg nadat hy op 7 November verlede jaar na Fourie se huis gegaan het en haar vermoor het.

’n Vriend van Fourie het by haar gekuier. Na ’n argument tussen Watson en die vriend, het Watson begin om hom (die vriend) aan te rand.

Fourie het tussenbeide getree waarna Watson haar 13 keer met ’n mes gesteek het.

Haar bebloede liggaam is in die badkamer van haar woning in die Terra Nova-kompleks op Trichardt gevind.

Watson het op die vlug geslaan, maar homself later aan die Norkempark Polisiestasie in Kemptonpark oorgegee.

Streeknuus het na afloop van die vonnis op Watson met Gawie en Jacobs gepraat. Albei het gesê dat hulle verlig voel oor die vonnis en dankbaar is dat dit eindelik verby is.


ALSO READ: 

Hooggeregshof op Delmas stuur man lewenslank tronk toe vir moord op Bethal-egpaar


“Nou moet ons begin gesond word en weer aangaan. Ek het darem nog drie ander dogters. Sommige dae gaan dit beter, ander slegter, maar ons moet nou net vorentoe kyk,” het Gawie gesê.

“Die ergste vir my was dat dit my jonger sussie was. Daar was so baie wat geweet het dat hy (Watson) haar aangerand het. Niemand het egter gehelp nie. Ek moes haar kon beskerm. Jy wens jy kan tyd terugdraai, maar jy kan nie. Ons sou haar moontlik kon help, maar ek het nie geweet nie.

“As daar iemand daar buite is wat weet van ’n geval waar ’n vrou aangerand word, moenie stilbly nie, praat asseblief. Julle kan iemand anders uit so ’n situasie red.

“ Niemand hoef deur hierdie trauma te gaan nie,” het ’n emosionele Jacobs gesê. Ek mis vir Angie, alles van haar, haar sagte hart en juis daarom is dit so sleg dat juis sy deur so iets moes gaan.”

Gawie het bevestig dat dit goed gaan met Watson en Fourie se dogtertjie en dat sy by haar grootouers in die Kaap woon.


Mr Christopher Watson (left) is facing charges of murder after Ms Angelique Fourie was found murdered in her home in Terra Nova, Trichardt on Sunday, November 7. (Photo: Supplied)

Christopher Watson will now be heading to the High Court in Delmas, Mpumalanga. Watson will be on trial from October 31 until November 4.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button