Local newsNews

Bronkhorstspruit Drama Akademie bring produksie op die planke

Vanjaar se produksie, waaraan leerders vanaf gr.1 tot gr.12 deelneem het, het oor "breekpunte" gehandel en hoe God ons deurbraak gee in situasies.

Die Bronkhorstspruit Drama Akademie, ‘n Christelike gebaseerde dramaskool, het op 21 Oktober, onderleiding van Yolandé Lombaard, hulle jaarlikese teaterproduksie by die N.G. Kerk op Bronkhorstspruit aangebied.

Vanjaar se produksie, waaraan leerders vanaf gr.1 tot gr.12 deelneem het, het oor “breekpunte” gehandel en hoe God ons deurbraak gee in situasies.

“Daar was vyf tonele wat ‘n talentkompetisie, Vitamiene “see”, die Olimpiese Spele, rockers en ‘n modeparade ingesluit het,” het Lombaard gesê.

“Die produksie het met al 40 drama-studente op die verhoog geëindig, wat uitbeeld hoe God ons breekpunt verander na ‘n deurbraak.”


LEES OOK: Enter Graceland’s final birthday bash competition

LEES OOK: Karnival en nag onder die sterre tydens Heidi se konserte op Delmas


ʼn Groep-foto van die vyf- tot agt-jarige lede van die Bronkhorstspruit Drama Akademie met die talentkompetisie-toneel. Foto: Déan de Meillon, The Photography Guy.

 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button