Local newsNews

Eskom vervang uiteindelik kliënt op Eloff se stukkende elektrisiteitmeter

Volgens Gildenhuys was hy intussen ook vir twee weke met vakansie, daar was beurtkrag, maar die rekening gemiddeld was steeds hoër as vantevore.

’n Eskom-kliënt glimlag weer breed nadat sy foutiewe elektrisiteitsmeter ten einde laaste vervang is.

Eloff-inwoner André Gildenhuys neem elke maand sy elektrisiteitsverbruiklesing op sy Eskommeter en stuur die lesing per e-pos na Eskom se rekeningafdeling.

“Met die September-lesing, het ek agtergekom dat die meter nie meer loop nie en steeds dieselfde lesing as die vorige maand, naamlik 151 167, aandui.

“Ek het op 5 September aan Eskom ’n e-pos gestuur om die foutiewe meter aan te meld,” het Gildenhuys Streeknuus meegedeel.

“Gildenhuys het weer op 12, 15, 19 en 26 September briewe aan Eskom gestuur waarin hy herhaaldelik gevra het dat sy meter vervang moet word en dat die geskatte verbruikersrekeninge hom nie geval nie. “Ek het absoluut geen terugvoer van hulle ontvang nie.”

“Geskatte rekeninge het intussen my beursie geraak.”

Volgens Gildenhuys was hy intussen ook vir twee weke met vakansie, daar was beurtkrag, maar die rekening-gemiddeld was steeds hoër as voorheen.

Gildenhuys het uit desperaatheid teen Woensdag, 12 Oktober besluit om Streeknuus te kontak.

Op Donderdag, 13 Oktober om 15:33 het Streeknuus per e-pos navraag omtrent Gildenhuys se foutiewe meter aan Eskom se kliëntediens gerig.

Op Vrydag, 14 Oktober, om 06:23 het Eskom Streeknuus se navraag met ’n verwysingsnommer beantwoord. Daar is ook onderneem om die foutiewe meter binne 7.5 ure te vervang. Daar is verder ook ’n verskoning aan Gildenhuys gebied vir die ongemak wat hy moes verduur.

Gildenhuys het asem opgehou en teen Vrydag, 11:20 het ’n oorstelpte of moontlik verdwaasde Gildenhuys Streeknuus meegedeel dat die meter vervang is.

“Dankie Streeknuus en baie dankie Eskom. Ek kan nou weer maandeliks ’n ware lesing deurgee en betaal nét vir dit wat ek verbruik het.”


LEES OOK: Botsing is toe al die tyd ‘n transito-rooftog by Bronkhorstspruit

LEES OOK: Highway patrol cops save hijacking victim on the N12 near Delmas


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button