Local newsNews

Groot opgewondenheid tydens Heidi se braai-, bok- en brandweerdag op Delmas

Nie net was Erfenisdag gevier met heerlike worsbroodjies waarvan vrywillige pappas die wors gebraai het nie, dit was sommer ook Bok-Vrydag en die plaaslike brandweer het by die skool kom draai.

Erfenisdagvieringe is vanjaar weer volstoom by Heidi Kleuterskool op Delmas gehou.

Met sommige kleuters geklee in eg tradisionele drag, rugbyklere en vol vrolikheid het die kleingoed lekker feesgevier op Vrydag, 23 September.

Nie net was Erfenisdag gevier met heerlike worsbroodjies waarvan vrywillige pappas die wors gebraai het nie, dit was sommer ook Bok-Vrydag en die plaaslike brandweer het by die skool kom draai.

Personeel van die Victor Khanye Brandweer het die kleuters ingelig oor die belangrike rol wat brandbestryders in elke individu se daaglikse lewe speel.

Die brandweer se demonstrasie het ook weer eens vir groot opgewondenheid gesorg.

Tussendeur al die gewoel, het die pa’s en ma’s gehelp om die worsbroodjies voor te berei en na afloop van al die opwinding het die maats daaraan gesmul.

“Baie dankie aan al die mammas en pappas wat gehelp het om van die dag so ’n groot sukses te maak,” het Riëtte Wheller, hoof van Heidi Kleuterskool laat hoor.


LEES OOK: Vaalrivierskool op Standerton se landloop van hoogstaande gehalte


Related Articles

Back to top button