Local newsNews

Koinonia Christelike Kerk op Secunda is nou Koinonia Pinkster Protestante Kerk

Kerk bied Gospelfees aan in Oktober.

Die Koinonia Christelike Kerk wat by die ou Nando’s by Eastside Winkelsentrum by die SuperSpar geleë is, trek. Past.

Neels Beyers, pastoor en stigter van die kerk, het besluit om hande te neem met die Pinkster Protestante Kerk en die Koinonia Christelike Kerk sal voortaan bekend staan as die Koinonia Pinkster Protestante Kerk.

Dit is die tweede Pinkster Protestante Kerk op Secunda, die bestaande een is ook steeds oop. Weens die Koinonia Pinkster Protestante Kerk se groei, is past. Beyers genoodsaak om ’n groter perseel te soek en die kerk het geskuif na die saal by die Terra Nova Aftree-oord op Trichardt.

Dié kerk vier in Oktober hul derde verjaarsdag en bied as deel van die feesvieringe ’n Gospelfees by Terra Nova Aftree-oord aan.


LEES OOK: Local in Standerton gamely fights regular tripping of power


Die sanger, Henco du Toit, gaan by dié fees optree.

Die Koinonia Pinkster Protestante Kerk het onlangs, as deel van een van hulle projekte vir volgende jaar, ’n hospies op Secunda, die House of Mercy aangeneem.

Past. Beyers besoek gereeld die inwoners van die hospies en het gesê dit is vir hulle as gemeente belangrik om eers na dié inwoners se geestelike toestand te kyk en dan ook na hul fisiese toestand.

Een van die Koinonia Pinkster Protestante Kerk se projekte wat binnekort afskop, is hul uitreik-aksie in samewerking met ’n ander kerk, na die Noord-Kaap.


LEES OOK: Local in Standerton gamely fights regular tripping of power


Dié uitreik, wat hulle die Voete vir Jesus-uitreik noem, vind in Desember plaas en mense wat ’n bydrae wil lewer, is welkom.

Hulle beplan om kos soos rys, suiker en mieliemeel onder andere saam te neem vir behoeftiges wat op Springbok, Upington, Soebatsfontein, Hondeklipbaai en Koingaas woon, te neem.

’n Lys van benodigdhede is beskikbaar vir belangstellendes wat iets wil skenk.

Die Koinonia Pinkster Protestante Kerk het ook onlangs hul eie Bybelskool begin deur Team Impact, waar belangstellendes teologie kan studeer en van ’n sertifikaat tot selfs ’n doktorsgraad kan behaal.

Dié Bybelskool het reeds 10 studente en enige iemand is welkom om in te skryf. Vir meer inligting oor dié kerk se projekte, skakel past. Beyers by 073 797 8802.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button