Local newsNews

Die vrou in die shack op Eloff sterf

Die vrou in die shack was dood, vermoedelik al vir so ’n uur of wat. Sy het op die grondvloer onder ’n kombers gelê

Heila de Beer van die AfriForum Eloff Buurtwag wil die Vrydag van 23 September nie weer oor hê nie.

“Dit was ’n baie warm dag en ons is al vroegoggend dorp toe. Die huishulp het geskakel en gesê daar is ’n histeriese seun by my huis op Eloff,” het De Beer vertel.

Volgens De Beer het die seun gesê sy ma is dood.

“Ek het omgedraai en huis toe gejaag, die Afrikaans-sprekende seun opgetel en gery na waar hulle in die Mimosa informele nedersetting op Eloff woon.

“Reeds in die kar het ek al vir my handskoene aangetrek, want ek het besef dat hierdie nie ’n aangename toneel gaan wees nie.”

De Beer is deel van die gesertifiseerde en opgeleide eerstehulpspan van die buurtwag. Volgens haar het hulle ’n redelike ent van die plakkershut af gestop.

“Ons het tot by die plakkershut geloop. Dit pikdonker en baie koud binne die sinkgeboutjie.”

“Ek moes my selfoon se flits selfoon gebruik het om my pad binne te vind. Die ontdekking binne was aaklig,” het De Beer gesê.

“Die vrou in die plakkershut was vermoedelik al vir sowat ’n uur dood. Sy het op die grond-vloer onder ’n kombers gelê. Ek glo nie sy het meer as 30kg ten tye van haar dood geweeg nie.


LEES OOK: Pole problems will be sorted says GMM


“Ek het besef dat dié vrou baie swaar moes gekry het. Sy het gereeld vir kos by ons huis kom vra en ek het gehelp waar ek kon.”

De Beer het sy die vrou vir etlike jare geken, en dwelms het glo die oorhand in haar lewe gehad. Die vrou en haar volwasse seun het saam in die plakkershut gewoon.

De Beer het ’n beroep op mense van alle ouderdomme gedoen om hulle van die gebruik van dwelms te weerhou.

“Dit is nie die moeite werd nie.”

“My hart is stukkend om te moes beleef in watter uiterste omstandighede hierdie vrou geleef het, en seerder nog, die omstandighede waaronder sy moes sterf.”

“Net nog ’n vrou, ’n ma en iemand wat vasgevang was in die hel van dwelms.”

Die identiteit van die vrou is aan Streeknuus bekend. Die oorsaak van haar dood was teen druktyd nog nie bepaal nie en ’n nadoodse ondersoek moet nog gedoen word.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button