CrimeLocal newsStreeknuusBreaking News

Bejaarde op plaas buite Delmas vermoor

Die oorledene se identiteit is aan Streeknuus bekend, maar weens die sensitiwiteit van die saak, sal dit op ’n later stadium bekend gemaak word.

’n 72-jarige man se liggaam is vanoggend in sy plaashuis tussen Delmas en Bronkhorstspruit, digby die Waaikraal informele nedersetting aan die R42-pad, gevind.

Dr. Jesse Coleman se dogter het glo om hulp geroep toe sy besef het dat daar groot fout is. Lede van die plaaslike Argent AfriForum Plaaswag het na die toneel gehaas.

Die polisie het met hul aankoms op die toneel bevind dat dr. Coleman dood is.

Bloed binne die huis waarin dr. Jesse Coleman vermoor is.

Dr. Coleman, ‘n veearts van Benoni, het vermoedelik deur die nag of die vroeë oggendure beswyk.

Geen verdere besonderhede is tans beskikbaar nie, maar dit is wel bevestig dat Coleman wreed vermoor is.

’n Persoon op die toneel het Streeknuus meegedeel dat die toneel ’nie mooi was nie’.

“Daar was beslis ’n struweling, want daar is oral in die huis bloed.”

Lees meer in die volgende uitgawe van Streeknuus.



LEES OOK: 

Secunda Police investigate drug addict’s death

LEES OOK: 

Mense geniet Mariki 2022 Kuier en Koop Lekkerte op Secunda

Related Articles

Back to top button