Local sportNews

Standerton se Edelvalkers hou hul oë op die visier

Die klub het Smit en Iwan en Carla Lues vir hul opoffering om die dag moontlik te maak, bedank.

Die Edelvalk-tak van die Suid-Afrikaanse Jagters- en Wildbewaringsvereniging het op 17 September ’n takskietkompetisie by die Evert Genis-skietbaan gehou.

Dirk Venter het eerste in die pistoolafdeling geëindig, gevolg deur Johan Smit, Kobus Uys, Carel Bester en Sakkie Fourie.

Jaco Booysen het in die semi-outo-afdeling die eerste plek behaal, gevolg deur Frikkie Eksteen, Johan Geldenhuys, Kobus Uys en Corrie Visagie.

Die klub het Smit en Iwan en Carla Lues vir hul opoffering om die dag moontlik te maak, bedank.

Na afloop van bogenoemde afdelings, is name lukraak getrek vir spanne en daarna is na die rooibok- en vlakvark-tabel aangelê.



LEES OOK: White House Paint and Tile in Bethal celebrates 28 years

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button