Local newsNews

Fotograwe kom byeen op Secunda

Belangstellendes is welkom om volgende byeenkoms in Oktober by te woon.

SECUNDA – Lede van die Hoëveld Fotografieklub het op Vrydagaand, 9 September byeengekom en James Harris was die wenner in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling met sy foto, Lelies.

Die voorgeskrewe onderwerp vir September was ‘Negative Space’ en Leon Drotsky was die beoordelaar.

Dr. Leon Pelser het behoorlik uitgeblink en is die wenner onder die senior fotograwe met sy foto, Steamtower Maintanance.

Hy het ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang, asook van sy ander fotos wat insluit, Kleinmond Lagoon in die landskapafdeling, Blue Insularis in die natuurafdeling, My Only Pleasure in Life in die pikturale afdeling en

Road Through Burnt Veld in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling.


LEES OOK: Dr. Leon Pelser neem beste foto vir die maand onder Secunda-fotograwe


Louis van der Walt was die wenner onder die junior fotograwe met sy foto, Wild Lace en hy het ook ’n sertifikaat van meriete vir dié foto ontvang.

Van der Walt het ook sertifikate van meriete vir sy fotos, Wat Benchamabophit – Bangkok in die landskapafdeling, Sunset City in die landskapafdeling, en Zebra Shadows in die natuurafdeling ontvang.

Die ander fotograwe wie se fotos goed gevaar het en sertifikate van meriete ontvang het, is Danie Smit met Gariepdam en Melkweg by Tant Drieka in die landskapafdeling en Cutting the Corner in die foto- joernalistieke afdeling, Sussa Pelser met Marloth Sunset in die landskapafdeling, Big Foot in die natuurafdeling, I Wonder if in die pikturale afdeling, Birds of Prey in die foto-joernalistieke afdeling en Green House in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, Anzette Snyders met Mountainous in die landskapafdeling, Forgotten in die tweekleurige foto-afdeling, yeeha in die foto-joernalistieke afdeling en Misplaced in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, Johan Viljoen met sy fotos, Kreukels in die tweekleurige foto-afdeling en I am OK in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling, Peter Winnan met sy fotos, Running Cheetah in die tweekleurige foto-afdeling en Elephant Against the Incoming Storm en Caracal in die natuurafdeling, Piet Potgieter met Tamera in die tweekleurige foto-afdeling, Sheep Shearing in die pikturale afdeling en One Tree in die voorgeskrewe onderwerp-afdeling en Johan Coetzee met Winners Goes High in die tweekleurige foto-afdeling en Sliding to Avoid the Waterhole in die foto-joernalistieke afdeling.

Die Hoëveld Fotografieklub se volgende byeenkoms is op Vrydagaand, 7 Oktober om 18:00 vir 18:30 in die Scrum In by die Sasol Ontspanningsklub.

Belangstellendes is welkom om dié byeenkoms by te woon. Vir meer inligting, skakel Hanno de Beer by 071 365 6440.


At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button