Local newsSchoolsStreeknuus

Bobaas Lego-bouers kuier op Delmas

Gemeet aan die standaard van vanjaar se uitstalling, is die Lego-stokperdjie egter nie net meer ’n paar blokkies in primêre kleure in ’n emmertjie nie.

Lego-blokkies se aangename kinderdae-herinneringe was weer deel van ’n prag-uitstalling by Laerskool Delmas.

Gemeet aan die standaard van vanjaar se uitstalling, is die Lego-stokperdjie egter nie net meer ’n paar blokkies in primêre kleure in ’n emmertjie nie.

Neels Potgieter en Petrus Labushagne geniet die Lego-uitstalling.

Dit het hoogs gesofistikeerd geword en bied eindelose moontlikhede vir oud en jonk.

Die Johannesburgse Lego-klub (JHBLU) het weer vir groot vermaak en spanningsvolle spoedbou-kompetisies op Saterdag, 10 September in die saal van Laerskool Delmas gesorg.

’n Fantasie-wêreld geskep uit Lego-blokkies.

Deelnemers het van ver gereis om vir die inwoners en kinders van Laerskool Delmas te kom wys waaroor hedendaagse Lego gaan.

Daar is ook weer ’n spoedbou-kompetisie gehou waartydens deelnemers van instruksies voorsien is en dan die projek vinnig en korrek moes voltooi.

’n Hoop Lego-blokkies bied eindelose pret en plesier aan die jongklomp by Laerskool Delmas.

Die deelnemers wat die artikel eerste binne ’n sekere tyd kon voltooi, het met groot pryse, in die vorm van Lego-stelle, weggestap.

Vir die entoesiaste van Lego-bou gaan dit egter nie net oor die vervullende stokperdjie nie, maar ook oor die uitreik na gemeenskappe.

Bianca Steyn demonstreer hoe haar Lego-projek se meganiese werking deur haar slimfoon beheer word.

Vanjaar se kaartjieverkope se volle opbrengs gaan aan Rainbow and Smiles, ’n nie-winsgewende organisasie wat kinders met kanker bystaan.

Petro Labushagne, Petrus Labuschage en Elsie Schult by die Lego-uitstalling in die saal van Laerskool Delmas.
Oud en jonk geniet die Lego-uitstalling by Laerskool Delmas.

Related Articles

Back to top button