Local newsNewsStreeknuus

VLU se Van Riebeecktak op Bronkhorstspruit vergader

Bianca Gomez, ’n jong Portugeuse vrou het die VLU-vroue meer vertel van Portugal, sy mense en gebruike.

Ten spyte van Bronkies se winterkoue, het die VLU se Van Riebeeck-tak ’n takvergadering op Dinsdag, 21 Junie bygewoon.

Die studierigting was “Internasionaal”.

Daar word met lof gepraat oor die sameroeper, Alda van der Merwe wat ondersteun is deur haar twee gasvroue, Mariè Smit en Annatjie Bezuidenhout.

Bianca Gomez, spreker van die dag. Foto: Verskaf

“Ons het ’n nuwe lid, Hettie Pretorius, verwelkom en ons hoop sy gaan alles saam met ons geniet in die dae wat kom,” het skakelbeampte, Elizabeth Kendall, laat hoor.

Bianca Gomez, ’n jong Portugeuse vrou het die VLU-vroue meer vertel van Portugal, sy mense en gebruike. Sy is tans werksaam by Bronkieland, ’n plaaslike kleuterskool.

“Dit was heerlik om na haar te luister.

Hettie Pretorius, nuwe lid van Van Riebeecktak. (Foto: Verskaf)

“Vele ander belangrike sake is bespreek, planne vir naaldekokerdae is bevestig en verslae oor gebeurtenisse is gelewer,” het Kendall vertel.

“Dit is en bly ’n voorreg om deel van Van Riebeecktak te wees. Alle eer aan ons hemelse Vader,” het sy bygevoeg.

Ander vroue wat by dié vonkelvroutak wil aansluit en deel in al die heerlikhede, kan die voorsitter, Yolandè Steenkamp of die skakelbeampte, Elizabeth Kendall, skakel by 083 564 1616 of 083 378 2698.

Dorothy Gottschalk en Heleen Hertzog ontvang hul SAVLU-sertifikate vir 50+ jaar lidmaatskap van die VLU. Foto: Verskaf

Related Articles

Back to top button