Local newsNews

AfriForum en LCUC werk saam om Standerton op te knap

Dié kruising is een van die sleutelpunte op die dorp met besoekers van Ermelo, Morgenzon en Bethal wat daagliks daar deurry.

Die AfriForum-tak op Standerton het op 23 Mei in samewerking met Lekwa Clean Up Crew (LCUC), die kruising by Baumann- en Beyers Naudéstraat skoongemaak.

Volgens ’n onlangse persverklaring, is die gras by die kruising netjies gesny en rommel opgetel.

Dié kruising is een van die sleutelpunte op die dorp met besoekers van Ermelo, Morgenzon en Bethal wat daagliks daar deurry.

Volgens AfriForum, was dit ’n seer oog vir die gemeenskap en daar gaan in die toekoms verdere projekte plaasvind om die omgewing te verbeter.

“Die Lekwa Munisipaliteit faal die gemeenskap en die gemeenskap is genoodsaak om self die werk oor te neem,” het Hennie Bekker, distrikskoördineerder vir die Hoëveld, gesê.

Dit is nie die eerste keer dat die LCUC en AfriForum by onooglike gebiede saamwerk nie.

 

Related Articles

Back to top button