Local newsNews

Oom Karoolus en Lente kom kuier by kerk se kermis

Kom geniet ’n dag van pret by die N.G. Kerk Secunda-Oos-gemeente.

Die N.G. Kerk Secunda-Oos-gemeente bied op Woensdag, 27 April vanaf 09:00 ’n kermis aan.

Die organiseerders is opgewonde om die gemeenskap by dié geleentheid te verwelkom en daar gaan verskeie kosstalletjies en vermaak wees.

Van dié kosstalletjies sluit in potjiekos, pannekoek, jorsies, kerrie en rys, nagereg, vars vleis, worsrolle en vetkoeke met maalvleis.

Uitstallers kan teen R300 hul eie produkte op dié dag gaan verkoop.

Die kerk gaan sorg vir vermaak vir die kinders ook in die vorm van ’n springkasteel, klimmure, ‘bumper balls’, ‘space adventure’ en perderitte.

Die Teksa-tak van die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) gaan ook op dié dag ’n staanplek hê waar inwoners kan gaan bloed skenk.

Die groot verrassing vir die dag vir die kinders is Oom Karoolus en Lente wat om 11:00 in die kerk gaan kuier en optree.

Kaartjies kos R20 per persoon en is nou reeds by die kerkkantoor beskikbaar.

Belangstellendes kan ook op die dag van die kermis kaartjies vir Oom Karoolus en Lente koop.

Vir meer inligting, skakel ds. Hannes Reinecke by 082 578 5155 of die kerkkantoor by 017 634 7518.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button