Local newsNewsStreeknuus

Hervormde Kerk op Bronkhorstspruit se basaar sorg vir pret

Lekker tuisgebak lok inwoners na basaar.

Die gemeente van Bronkhorstspruit het ingestroom by die Nederduitsch Hervormde Kerk van Afrika se jaarlikse basaar.

Die kerk is gestig in 1912 en is reeds 150 jaar oud.

“Ons beoog om gereeld een of twee basaars per jaar te hou,” het organiseerder, Alvina van Rensburg, laat hoor.

Die jolige saamkuier het op Saterdag, 5 Maart plaasgevind met ’n teetuin wat inwoners gelok het.

Die reuk van kaneel het in die lug gehang met die heerlike pannekoekstasie wat die basaar afgeskop het soos net ’n bakster hand kan.

Smullekker soetgoed soos koek, koeksisters, tuisgemaakte nagereg, klein koekies en selfs peuselhappies is uitgestal.

Daar was ook maalvleis, vleisrolletjies en wors verkoop.

Buiten die kerk se kosstalletjies was daar handgemaakte breiwerk ook te sien wat enige ouma twee keer sal laat kyk vir haar kleinkind se beertjie.

Nettie Bester staan trots met haar varsgebakte koeke.
Organiseerder Alvina van Rensburg se pannekoek loop soos stroop.
Lezette Venter se pannekoek is lip-lek-lekker.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button