Local newsMunicipalNews

Paaie word herstel

Werkers herstel hoofpad na menige klagtes.

BETHAL – Munisipale werkers is besig om Moses Kotanestraat te herstel.

Dit is die hoofpad op die dorp en toeriste, pendelaars en inwoners gebruik dit daagliks.

Ongelukke is aan die orde van die dag omdat inwoners nie by die stopstrate stop nie en vinnig ry.

Hulle het gekla oor die hobbels in die pad wat deur vragmotors wat daagliks die pad gebruik, gemaak is.

Slaggate is ook op verskeie plekke op die dorp herstel.

Eeufeestraat is ook herstel en moet nog net geverf word.

Motoriste is bly dat die pad herstel word en is verlig dat daar iets aan hul klagtes gedoen word.

Mnr. Henry Masango, uitvoerende bemarkings- en kommunikasiebestuurder van die munisipaliteit, het nie teen druktyd kommentaar gelewer nie.

 

Vir meer nuus besoek gerus ons webtuistes:

Ridge TimesStanderton Advertiser & Highvelder

”Like” ons op Facebook en volg ons op Twitter.

Vir nuus na jou selfoon:

BBM – 29C64351

WhatsApp – 082-611-3867

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button