Local newsNews

Bethal VLU-vroue leer van bloedgroepe

Belangstellendes is welkom om die VLU se volgende vergadering by te woon.

Teksa Bloeddiens het die Bethal VLU-tak op Dinsdag, 15 Februarie besoek en vroue meer van verskeie bloedgroepe vertel.

Dot Prinsloo, skakelbeampte van Teksa Bloeddiens, het die vroue toegespreek en gesê dit is vir haar ’n voorreg om vir die Suid-Afrikaanse Nasionale Bloeddiens (SANBS) te werk.

Sy werk al 25 jaar vir die bloeddiens en is eers as assistent aangestel en is in 2006 bevorder na skakelbeampte.

“Ons sien daagliks hoe word mense se lewens gered,” het Prinsloo gesê.

“Jy help om ’n pappa of mamma terug te gee aan hul kinders.

“’n Mens maak daagliks ’n verskil in iemand se lewe met die werk wat jy doen.

“Om die dankbaarheid in pasiënte se oë te sien as hul lewens gered is deur ons onbaatsugtige skenkers, is ’n onbeskryflike gevoel.”

Bethal VLU-tak vergader weer op Dinsdag, 15 Maart om 13:30 by die Bethal Oos-gemeente.

Belangstellendes is welkom om dié vergadering by te woon.

Vir meer inligting, skakel Lynette Posthumus by 072 203 6230.

Related Articles

Back to top button