Local newsNews

TWK Toyota op Standerton trakteer inwoners van ouetehuis

Kolwyntjies is in die sitkamer uigedeel ter viering van die maatskappy se 60ste bestaansjaar.

’n Span van TWK Toyota op Standerton het op Vrydag 11 Februarie die bejaardes van Kosmos Aftree-oord bederf.

Kolwyntjies is in die sitkamer uigedeel ter viering van die maatskappy se 60ste bestaansjaar.

Langspeelplate uit toeka se dae was byderhand om ’n langarm of twee te verseker.

Johan Olivier, handelaarshoof, het gesê dat Toyota op dié wyse teruggee aan die gemeenskap en het die inwoners bedank vir die rol wat hulle gespeel het, en speel, in hul kinders, kleinkinders en moontlik agterkleinkinders se lewens.

Sanpat Coetzee, een van die bestuurders, het die maatskappy vir dié gebaar bedank

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button