Streeknuus

Bronkhorstspruiter speel in musiekvideo

Suid-Afrika het die algehele uitkoms bepaal deur middel van stemme wat gestuur word.

Me. Melanie Raath (21) van Bronkhorstspruit is uit duisende inskrywings gekies om in die sanger, Charlize Berg se nuuste musiekvideo te verskyn.

ABS Produksie en Fotofokus Produksie het die kompetisie geloods en saam aangebied waaruit 20 inskrywings noukerig uitgesoek is.

Suid-Afrika het die algehele uitkoms bepaal deur middel van stemme wat gestuur word.

Elke finalis het ’n unieke kode gekry.

Die kode word dan per SMS gestuur na 47620.

Elke aand om 20:00 was die top vyf van elke kategorie bekendgemaak op die webtuiste.

Me. Raath was 6 November voor die kamera by die Photo Factory Venue in Boksburg.

“Dit was ’n groot belewenis vir my gewees om Charlize Berg te ontmoet en deel te wees van die kamera, ligte en aksie op stel. Ek sal beslis meer gereeld dit wil doen,” het me. Raath laat hoor.

Die verfilmingsproses het vanaf 13:00 tot en met 17:00 geduur en volgens me. Raath, was dié geleentheid een vir die boeke.

Die lied genaamd “Ontbreek” het drie jaar gelede al die lug gesien, maar die tyd vir musiekvideo maak, het nou eers aangebreek.

Me. Melanie Raath saam met Charlize Berg op stel van Berg se nuuste musiekvideo.(Foto verskaf)

Related Articles

Back to top button