Streeknuus

ASA 3D-boogskiet by Rayton sorg vir pret

ASA 3D-boogskiet bied kompeterende rondes met lewensgetroue, driedimensionele, vol groote diereteikens van rubber.

Die ASA (Archery Shooters Association) pro- en amateurklasse-toer, meer bekend as ‘n nasionale reeks met Pro/Am –toernooie, het Saterdag, 9 Oktober op die 3D-bane op Rayton plaasgevind.

Die ASA-organisasie bevat ervare boogskutters en afrigters wat die hele jaar deur deelneem aan goed-georganiseerde en uitdagende plaaslike, staats- en nasionale toernooie wat deur professionele sowel as amateurskuts geniet word.

ASA 3D-boogskiet bied kompeterende rondes met lewensgetroue, driedimensionele, vol groote diereteikens van rubber.

Die ringe op die teikens is nie altyd sigbaar vanaf die skietpaal nie en’n verkyker word toegelaat.

Gevorderde boogskutters moet die afstand tot die teiken bepaal, ‘n goeie mikpunt kies en die skoot uitvoer. Daar is 20 teikens per baan en die ASA gebruik ‘n puntestelsel van 12, 10, 8, 5 of 0 punte per pyl.

Phillip Minnaar dui die punte aan op die ystervarkteiken.

Die telling is gebaseer op nul punte vir ‘n mis, vyf punte word verdien vir ‘n treffer oral in die liggaam, agt punte vir die grootste buitenste punt op die dier,10 punte vir die vyfduim sirkel binne die 8-ring en 12 punte vir die kleiner ringe wat aan die onderkant en bokant van die 10-ring verreken word.

‘n Ander sirkel in die boonste agterkant van die 8-ring is die 14-ring wat gereserveer is vir spesiale bonuskompetisies.

Soveel as 75 skuts ding mee in die reeks wat weens Covid-19 slegs uit drie toernooie bestaan.

Die skuts reg oor die land neem in 17 klasse deel en meet kragte in die bos.

Deelnemers betaal inskrywingsgeld op grond van hul mededingende afdeling in beide pro- en amateurklasse en hulle ontvang kontantpryse, trofeë en versamelpunte in die rigting van die gesogte “Shooter of the Year” -toekenning in hul klas.

Elke skut se toerusting en ouderdom bepaal die klas waarin daar gekompeteer word.

Vanaf ses tot 17-jarige ouderdom staan bekend as die junior klas.

Ouderdomme van 18 tot 49 is die seniorklas wat bepaal word deur die toerusting en 50 jaar en ouer is die meestersklas wat deur ouderdomme bepaal word.

Johan Joubert maak seker hy mik vir die vyfduim sirkel binne die 8-ring.

Onder die amateurklasse is die Bow Novice- en Women’s Bowhunter -klasse wat spesifiek ontwerp is vir beginners en boogjagters om uit te kom en hul hand te probeer.

Hulle skiet bekende afstande, waarvan die maksimum 30m is.

Die ASA was die eerste boogskietorganisasie wat ‘n spoedbeperking (280 voet per sekonde) geïmplementeer het vir veiligheid en om ‘n gelyke speelveld vir 3D-kompetisie te vestig.

Vanaf 2007 was die ASA die eerste nasionale organisasie wat ‘Known Distance’ 3-D opgeneem het, wat deelnemers ‘n ander opsie bied, asook ‘n meer toeganklike beginpunt vir nuwe mededingers.

Annabelle Joubert fokus op haar hand- en oog-koördinasie.

Benewens die nasionale toer, ondersteun die ASA meer as 330 klubs wat ‘n uitstekende geleentheid vir almal bied om te skiet.

Die ASA skakel in by bestaande 3D-klubs in die land waarvan daar in elke provinsie is met die fokus op die groei van die sport van 3D-boogskiet deur plaaslike klubs te ondersteun.

Hier word gepoog om ‘n verbintenis tot jeugopleiding te maak, dus het die ASA hom gevestig as’n leidende krag in die beweging om die sport na die hoofstroom van Amerika te bring.

Gunter van Zyl glimlag want hy weet hy teken punte aan.
Elane Joubert maak seker die ringe op die teiken is sigbaar deur haar verkyker.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button