Streeknuus

Bronkies se rugbyspanne byt in die stof

Die eerste span het die stryd teen Eersterus verloor.

Bronkies se rugbymanne het op Saterdag, 2 Oktober les opgesê teen Harlequins en Eersterus.

Die wedstryde was geken vir klipharde rugby en het naelbyt-episodes tot gevolg gehad.

Voorsitter, mnr. Lourens du Plessis het vertel dat die tweede span teen Harlequins se vierde span uitgedraf het.

“Dit was ’n moeilike wedstryd vir ons, want die gaping tussen ons spanne en die Carlton-ligaspanne is net te groot.

“Die ouens het heeltyd probeer, maar was net nog nie opgewasse nie. Daar is baie ontwikkelingspelers in ons tweede span.”

Die eerste span het die stryd teen Eersterus verloor.

“Ons kanse was nie benut nie en ons het nie afgerond nie.

“Dit was een van daardie dae wat niks reggeloop het nie en dan was daar baie onnodige geniepsigheid van Eersterus wat die skeidsregter nie reg bestuur het nie,” het mnr Du Plessis vertel.

“Ons vat die verloor op die ken en moet die foute regstel en bou vir volgende jaar.

“Beserings het ook ’n groot rol gespeel en ons fokus nou op wat voorlê.”

Related Articles

Back to top button