Streeknuus

Bronkies-gemeenskap stap vir vroue

Die jaarlikse byeenkoms wat vroue bemagtig het op 4 September mense van heinde en verre gelok om in General Louis Bothastraat byeen te kom.

Bronkhorstspruit se gemeenskap het betrokke geraak by die Spar Ladies Challenge wat vir die afeglope twee jaar weens die Covid-pandemie deur Bronkhorstspruit se gemeenskap ondersteun word.

Die jaarlikse byeenkoms wat vroue bemagtig het op 4 September mense van heinde en verre gelok om in General Louis Bothastraat byeen te kom.

Mnre. Chris Vermeulen en Frikkie Geyser was die sameroepers.

Landloopentoesiaste het van Boksburg en Middelburg gekom om deel te neem aan die sirkelroete van 5km en 10km.

In die verlede was daar tussen agt en 10 000 mense wat by die Super Sport Park in Centurion byeengekom het.

Vanjaar was daar egter 28 deelnemers wat voor Hoërskool Erasmus weggespring het, maar die gemoed was net so bemagtigend soos dié van massas.

“Die geleentheid is ’n groot vroue-eenheid. Ons hoop die getal neem toe volgende jaar in September en beoog om selfs maandelik die gemeenskap by mekaar te bring met sulke aktiwiteite.” het mnr. Geyser laat hoor.

“Die gemeenskap se ondersteuning word hartlik waardeer. Almal wat daar was het die dag geniet.

“In ’n tyd waar mense so verwyderd lewe, is eenheid die komponent wat ons verbind.”

Theuns Van Wyk (61) het die 10km-wedloop gewen. Hy het dit in 57.07 minute kafgedraf.

Die 5km-wedloop is deur die 14-jarige Werner Gouws gewen. Hy het die afstand in 21.06 voltooi.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button