Daniel stabiel na fratsongeluk, jafelverkoping word geloods om geld in te samel
Intussen het die gesin via Facebook laat weet dat Daniel stabiel is, en hul per ambulans onderweg is na Pretoria.
’n Jafelverkoping word beplan om geld in te samel vir jong Daniel Kerswell wie gistermiddag in ’n fratsongeluk, raakgery is.
Ten tye van die voorval was me. Danelle Kerswell en haar twee seuns besig om ontbyt te maak.
Haar man wou ry en toe me. Kerswell opkyk was Daniel net spoorloos.
Sy het haar na buite gehaas waar sy hom bewusteloos agter die voertuig aangetref het.
Hy is daarna in die hospitaal opgeneem met ‘n gebreekte sleutelbeen, heup en sy longe is na wat verneem word ook beskadig.
LEES OOK: Ouers vra vir gebed na twee-jarige raakgery is in Ermelo
Intussen het die gesin via Facebook laat weet dat Daniel stabiel is, en hul per ambulans onderweg is na Pretoria.
Hy is ook vir Covid getoets en die uitslae was negatief.
Die Kerswell-gesin beskik nie oor ’n mediesefonds nie.
D Spies, ABSA, Spaar rekening, Rekening nommer: 878163060, Verwysing: Daniel.