Local newsNews

Elaine Botha van Standerton balanseer ’n paar balle in die lug

Sy het die pad van steroïedinspuitings geloop en dit was eers later dat aleopicia areata gediagnoseer is.

Me. Elaine Botha van Standerton laat haar nie onderkry deur ‘n outo-immuunsiekte nie.

Sy is met kraamverlof en het geboorte aan klein Carlisle op 20 Maart geskenk.

Dié seuntjie het vrugwater gesluk met geboorte en was 12 dae lank in die intensiewe hoësorgeenheid.

Die Bothas het twee jaar gelede, op 19 Maart hul dogtertjie op 35 weke verloor.

“Ek was redelik emosioneel omdat die twee datums so na aan mekaar is,” het Elaine gesê.

“Dorus, my man en ek gaan ons dogtertjie nie sommer vergeet nie en ook vir haar boetie daarvan vertel.”

Elaine was nog by Stannies op skool toe haar hare kol-kol begin uitval het.

“Die kinders het my soms gespot daaroor,” was haar belewing daarvan.

Sy het die pad van steroïedinspuitings geloop en dit was eers later dat aleopicia areata gediagnoseer is. Bloedselle val gesonde haarfollikels aan en aan die begin, het dokters dit aan stres toegeskryf.

“Ek was 19 jaar oud toe val alles uit en 11 jaar later het dit begin teruggroei,” het sy gesê.

“Die kleur het darem dieselfde gebly.”

Sy het nietemin nie eens oorweeg om gebruik te maak van haarinplantings nie.

In Januarie verlede jaar het dit weer begin uitval.
“Die eerste keer was dit baie moeilik om te aanvaar, seker omdat ek ‘n vrou is.

“Die tweede keer was dit ‘n geval van ‘been there, done that, got the t-shirt’.”

Haar hare het vanaf Desember tot Januarie weer begin groei.

“Daar is ‘n 50 persent kans dat dit gaan groei.”

Geen medikasie is beskikbaar om dié onvoorspelbare siekte die hoof te bied nie.

Elaine het nog hooi op haar vurk.

Sy bedryf ‘n hondesalon in die oggend en in die middae val sy in by Standerton Dierehospitaal.

“Ek het ‘n paar jaar gelede ‘n ‘dog grooming’-kursus in Sandton, Johannesburg afgele.”

“Dáár is die honde maklik, nie een is kwaai of hulle pels gekoek nie.

“Dit kan net Standerton se rivierwater wees.”

Dorus is ‘n operateur by Seriti en werk skofte wat die pad gewoonlik aanpak as die mis al opgeklaar het.

Met haar babatjie tussen die oumas, haar ma en pa en die hondesalon, het sy ook kans gesien om ‘n wilde katjie in te neem.

Die Bothas het vier honde, twee katte en ook ‘n papegaai.

Elaine was voorheen ‘n vrywilliger by die DBV en het die versugting verwoord van alle diereliefhebbers.

“Ek wens ek kon meer doen,” het sy mee afgesluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button