Local newsNews

Serebrale gestremdheid keer Susan nie om haar droom om te bestuur ’n werklikheid te maak nie

Haar lewensleuse is dat jy nie noodwendig 'n perfekte liggaam hoef te hê om die perfekte lewe te lei nie, en volgens haar het dit haar keer op keer na vele terugslae laat opstaan.

Hoewel me. Susan Bam (38) op 18 maande met serebrale gestremdheid gediagnoseer is, laat sy haar nie deur enige uitdaging wat oor haar pad kom, onderkry nie.

Haar lewensleuse is dat jy nie noodwendig ‘n perfekte liggaam hoef te hê om die perfekte lewe te lei nie, en volgens haar het dit haar keer op keer na vele terugslae laat opstaan.

Sy het verskeie struikelblokke oorkom asook merkwaardige prestasies bereik.

Serebrale gestremdheid vind gewoonlik in die vroeë ontwikkelingstadium van ‘n kind plaas.

Gewoonlik loop dit gepaard met skade aan die brein en abnormaliteite met motoriese bewegings.

Me. Bam was nege weke te vroeg gebore en het maar ‘n skrale 1.5kg geweeg.

Die dokters het haar ma meegedeel dat sy nie langer as 24 uur sou leef nie.

Me. Bam het vertel dat haar ma vir haar tot op die ouderdom van drie maande popklere moes aantrek, omdat dit al was wat haar gepas het.

As vierjarige dogtertjie het sy haar eerste rugoperasie ondergaan – wat haar vandag in staat stel om regop te kan sit.

Haar ma moes tydens haar eerste fisiosessie – kort na haar rugoperasie, daagliks vanaf Vereeniging na Pretoria reis.

“Sonder die ouers wat ek het, sou baie van my uitdagings, baie groter gewees het.”

Op skool het me. Bam aan atletiek deelgeneem en Suid-Afrikaanse kleure verwerf.

Sy het aan werpskyf, gewigstoot en 1 500m-rolstoelresies deelgeneem.

Haar droom om ‘n motor te bestuur is in 2015 bewaarheid toe sy haar bestuurderslisensie gekry het.

Van ‘n banghaar op haar kop is daar geen sprake nie, en sy het die geleentheid om tandem-valskermspring, met ope arms verwelkom.

Me. Bam het sowat drie jaar gelede weens permanente lyfpyn en meer gereelde spastiese aanvalle, baie swaar begin kry.

Haar rolstoel het volgens haar, net met genade aanmekaargebly en na vele onsuksesvolle pogings vir ‘n nuwe rolstoel, het ‘n familievriend haar na me. Michelle van der der Merwe verwys.

Me. van der Merwe is ‘n ortotist van Ermelo, wat volgens me. Bam, haar lewe verander het.

Lees die volledige berig in die Hoëvelder. 

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Wayne van der Walt

Wayne van der Walt, with around 15 years in the media industry, is editor of Highvelder Newspaper. His accolades include Frewin Awards for Newspaper of the Year and Front Page of the Year, and FCJ Photographer of the Year, among other honours.

Related Articles

Back to top button