Local sportSport

Ermelo Rugbyklub beplan reünie

Mnr. Beukes het vertel dat dit 'n aand van min formaliteite en goeie samesyn sal wees.

Ermelo Rugbyklub beplan ‘n groot samekoms vir al die oud- en nuwe rugbyspelers.

Vier vriende wat in die 90’s in dieselfde span was, het mekaar raakgeloop en oor die ou rugbydae gesels en daaruit het die idee vir die samekoms voortgespruit.

Mnr. Riaan Beukes het vertel dat hy en mnre. Abrie de Jager, Sas Sasenberg en Bakkie Brown dit goedgedink het om al die ou spelers weer bymekaar te kry.

Dié reünie sal op Saterdag, 8 Mei, by die Ermelo Skousaal plaasvind.

Mnr. Beukes het vertel dat dit ‘n aand van min formaliteite en goeie samesyn sal wees.

Vir meer inligting oor die rugbyklub se reünie, skakel mnr. Beukes by 082 920 6516.

Related Articles

Back to top button