Local newsNews

Magrieta praat met Secunda VLU-vroue oor refleksiologie

Me. Black het ook die kunsafdeling gewen met haar wit op swart-skets en sy was ook die wenner in die afdeling vir gebak met haar blomkoolbroodjie.

SECUNDA – Me. Magrieta Smith het op Woensdag, 14 April vroue van die Secunda VLU-tak meer oor refleksiologie vertel.

Sy het gesê refleksiologie is ‘n massering waar verskillende tegnieke gebruik word om spesifieke drukpunte te stimuleer.

“Drukpunte word geassosieer met verskillende organe in jou lyf,” het me. Smith gesê.

“Deur die drukpunte te stimuleer, kan dit jou gesondheid beïnvloed.”

Van die toestande waarvoor refleksiologie help, is gordelroos, rustelose bene en verkoues.

Me. Smith het gesê refleksiologie is veilig, maar as mense twyfel, kan hulle eers hul huisdokter praat voordat hulle dit oorweeg.

“As jy nie in refleksiologie glo nie, sal dit vir jou soos ‘n ontspannende voetmassering wees.

“Jy kan wel newe-effekte van refleksiologie kry soos ligte hoofpyn, maagwerkings en jy is emosioneel, maar dié newe-effekte is van korte duur.”

Refleksiologie word hoofsaaklik aan ‘n mens se voete gedoen, maar ook aan die hande en gesig.

“‘n Mens se voete is vol senuweepunte en wanneer ek op ‘n persoon se voete werk, voel ek kristalle soos balletjies wat ek stimuleer sodat dit oplos.

“Daarom beveel ek aan dat ‘n mens na elke sessie genoeg water drink om die gifstowwe uit te werk.”

Me. Gerda Büter, die VLU se nuwe streekvoorsitter het dié tak Woensdag besoek en saam met die vroue gekuier.

Die Secunda VLU-tak het ook hul maandelikse kompetisiewenners aangekondig en me. Rosa Black het weggestap as die wenner in die meeste afdelings.

Sy het die afdeling vir gebottel gewen met haar atjar en me. Teresa de Wet het tweede in dié afdeling geëindig.

Me. Black het ook die kunsafdeling gewen met haar wit op swart-skets en sy was ook die wenner in die afdeling vir gebak met haar blomkoolbroodjie.

Sy het ook die afdeling vir gehekel gewen met ‘n omhulsel vir ‘n afstandbeheerder.

Me. Launa Jansen van Vuuren was die wenner in die afdeling vir masjienwerk.

Die Secunda VLU-tak vergader weer op Woensdag, 12 Mei. Vir meer inligting, skakel me. Van Vuuren by 061 065 7417.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button