Local sportSport

Hengelaars van Standerton weeg 189 vis van 74,160kg in

In die meestersafdeling het Carel Lombard met 22 vis van 9.540kg die eerste plek behaal, gevolg deur Koos van Rensburg met 12 vis van 3.960kg en Leon Holmner met 11 vis van 4.480kg.

Meyerville Hengelklub het op Saterdag 10 April by die viswater geroer toe 45 hengelaars, waarvan 13 besoekers, 189 vis van 74.160kg vasgekap het.

Die vis van die dag het aan die swaarste baber gegaan.

In die meestersafdeling het Carel Lombard met 22 vis van 9.540kg die eerste plek behaal, gevolg deur Koos van Rensburg met 12 vis van 3.960kg en Leon Holmner met 11 vis van 4.480kg. Lombard het die vis van die dag aan wal gebring.

In die seniorafdeling het Peter Munro met 11 vis van 1.840kg geseëvier, gevolg deur Dirkie Erasmus met nege vis van 3.320kg en Johan van Wyngaard met nege vis van 3.100kg.

Richard Hills het die vis van die dag inkatrol.

Marianne Erasmus het die vroue-afdeling beklink met nege vis van 3 360kg, terwyl Ilene Schonken tweede was met nege vis van 3.140kg en Louisa Nel derde met sewe vis van 2.080kg.

Nel het die vis van die dag gevang.

In die penkopafdeling het Ty Mortlock eerste geëindig met ses vis van 1.560kg, gevolg deur Ricardo van Wyngaard met drie vis van 0.740kg en Johanco van der Merwe met een vis van 0.720kg.

Related Articles

Back to top button