Local sportSport

Ronald Kinnear wen militêre veterane se geborgde dag op Standerton

Kinnear se 38 punte is ook deur Stephen Nortjé geëwenaar, wat tweede geëindig het.

Standerton Gholfklub het op Saterdag 27 Maart in ‘n ligawedstryd teen Piet Retief slaags geraak en hulle met 7-1 geklop.

Standerskop se militêre veterane het na afloop van die wedstryd met hul geborgde dag begin.

Altesaam 35 spelers het ingeskryf en mekaar die stryd by die buiteklub aangesê.

Op dié winderige dag, moes die spelers vir lief neem met balle wat soms in die bosse geland het. Ronald Kinnear het sy titel as klubkampioen gestand gedoen en dié IPS-kompetisie beklink.

Kinnear se 38 punte is ook deur Stephen Nortjé geëwenaar, wat tweede geëindig het.

Die volgende spelers het almal 34 op die telkaart ingevul om die daaropvolgende plekke te bereik: Damian Brink, Vaatjie van Rensburg, Gerhard Britz, Jabbies Lotz en Gerrit Nel.

Kinnear het ‘n skaap as prys gewen en die ander skaap is na ‘n loting deur die voorsitter van die Standerskop-eenheid, mnr. Jan Bezuuidenhout, gewen.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button