Local newsNews

Standerton Hospitaal se personeel in ongeluk betrokke

Die bussie het 12 mense vervoer wat volgens me. Mocke ’n apteker, skoonmakers en susters ingesluit het.

‘n Bussie van die Standerton Hospitaal wat personeel na Evander op Woensdag 31 Maart vervoer het, was in ‘n botsing op die Secunda-pad betrokke.

Volgens me. Susan Mocke van Jeria Ambulansdienste, is sy omstreeks 7.35vm van die ongeluk in kennis gestel.

“Die personeel sou vir Covid-19 inenting gaan,” het me. Mocke gesê.

Jeria Ambulansdienste en die staatsnooddienste was op die toneel.

Die bussie het nagenoeg 12 mense vervoer wat volgens me. Mocke ‘n apteker, skoonmakers en susters ingesluit het.

Me. Mocke en haar span het pasassiers met beserings wat nie van kritiese aard was nie, na die Standerton Hospitaal vervoer.

Die staatnooddienste het ook pasiënte na die hospitaal vervoer. All Star Towing Services was ook op die toneel.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button