Local newsNews

AfriForum help om Bethal Polisiestasie op te ruim

“Die stasie het nie die nodige toerusting om die hele perseel netjies te hou nie en die gras het met die onlangse reën baie lank geword,” het mnr. Bekker gesê.

BETHAL – AfriForum se tak op Bethal het op Woensdag, 24 Februarie, gehelp om die polisiestasie op die dorp op te ruim.

Volgens mnr. Hennie Bekker, AfriForum se distrikskoördineerder vir die Laeveld, het dit gevolg nadat polisielede met die tak gepraat het oor die algehele netheid van dele van dié polisiestasie.

“Die stasie het nie die nodige toerusting om die hele perseel netjies te hou nie en die gras het met die onlangse reën baie lank geword,” het mnr. Bekker gesê.

“Daar is ook ’n verskeidenheid indringerbome wat besig was om die gebied oor te neem.”

AfriForum se lede het egter dié boomspesies afgekap en die gras gesny.

Hulle het Ka-ka-Lai gebruik om die tuinvullis te verwyder.

“Ondanks verskeie uitdagings is ons bly dat ons die polisie kon help om hulle perseel mooi te maak.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button