Local newsNews

Suster Vera is verpleegster by Laerskool Secunda

Me. Swart hanteer die noodhulp by die skool, asook kinders se allergieë, en sy hou ook ’n ogie oor kinders met suikerprobleme.

SECUNDA – Laerskool Secunda is een van die min skole wat ’n voltydse suster by die skool het.

Me. Vera Swart werk al sedert 2007 by Laerskool Secunda.

Sy het eers die babaklas van Laerskool Secunda se kleuterskool hanteer en het vir 11 jaar in dié afdeling gewerk.

Die skool het haar egter later as suster aangestel toe hulle nie meer baba’s by die kleuterskool ingeneem het nie weens nuwe wetgewing dat klein kinders nie op dieselfde terrein as groter kinders mag wees nie.

Me. Swart hanteer die noodhulp by die skool, asook kinders se allergieë, en sy hou ook ’n ogie oor kinders met suikerprobleme.

Sy het op Potchefstroom grootgeword en het ná haar matriekjaar haar opleiding in verpleging voltooi by die destydse H.F. Verwoerd Hospitaal.

Sy het later na Evander verhuis waar sy by Evander Hospitaal, wat destyds nog ’n mynhospitaal was, gewerk het.

Me. Swart het vir ’n ruk ook tuisverpleging en tuisversorging van kinders en baba’s gedoen voordat sy by Laerskool Secunda begin werk het.

Sy het ses kinders en ses kleinkinders en in haar vrye tyd geniet sy dit om kos te maak, in die tuin te werk of om naaldwerk te doen.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button