Local newsNews

Ruan gee kuns ’n ander betekenis

Ruan omskep digitale foto’s in abstrakte kuns.

SECUNDA – Mnr Ruan Niemann (40) se stokperdjie is om digitale foto’s in ’n meer abstrakte kuns te omskep.

As kind het hy met ou Palaroidkameras en -films gespeel en ontdek dat ’n foto meer kan vertel as net die beeld wat uitgedruk word.

“Elke persoon het ’n kreatiwiteit van sy eie en toe ek besef het dat teken nie een van my sterkpunte is nie, moes ek ’n ander plan maak,” het mnr. Niemann gesê.

Hy is vroeër vanjaar gevra om deel van die bestuurspan van Azette Wiegman, digter, se boek, Woord-engel, te wees en hy het dié geleentheid gebruik om sy kunswerke ’n dieper betekenis te gee deur digitale foto’s in portrette te omskep.

Hy is tans besig om portrette vir gastehuise en bed- en ontbytondernemings te ontwerp waar hulle die uniekheid van hul eie styl kan bekend stel en hy is ook by die opbou van portefeuljes vir modelle betrokke.

Verskillende tegnieke en metodes vir die omskep van digitale foto’s word gebruik om sy kunswerk uniek te maak en daar is ’n groot mark onder buitelandse verkopers bewerkstellig.

“Kommentaar van ander mense is altyd welkom, want dit gee my ’n idee van wat my kliënte soek,” het mnr. Niemand gesê

As voltydse werker en ’n gesinsman gebruik hy sy kuns om sy gedagtes van daaglikse gebeurtenisse af te lei en volgens mnr. Niemann is hy soms so besig met sy kuns, dat hy werk tot die son opkom.

Mnr. Niemann se kunswerke sal vroeg in die nuwe jaar by ’n uitstalling in Kaapstad te siene wees.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button