Local newsNews

Janke Draper van Standerton beproef weer ’n watergeboorte

Janke het die realiteit van die werkende ma onder die loep geneem en gesê dat daar bitter min gesondheidskundiges is wat moeders bystaan van diegene wat nie genoeg melk het nie tot diegene wat by die kantoor moet aanmeld.

‘n Vietse en kalm me. Janke Draper het haar babaseuntjie van 3,28kg by geboorte met ‘n waterprosedure op 26 Januarie in die lewe gebring.

“Ek kan dit nie met ‘n normale hospitaalgeboorte vergelyk nie,” het Janke gesê.

‘n Onafhanklike vroedvrou in Pretoria het die bevalling van dié ma van Standerton se derde kind, Fourie behartig.

Altwee die ander Drapertjies, Zakkai (5) en Joshua (3) het ook so die lewenslig gesien.

Pa Johan, was ook nie op die agtergrond nie.

“Johan het gehelp om die naelstring te knip,” het Janke vertel.

“Ek beveel dit sterk aan want vir my moet ‘n geboorte ‘n mooi ervaring wees.”

Die water is byna liggaamstemperatuur sodat die baba nie eintlik die verskil tussen dié water en die vrugwater voel nie.

Klein Fourie is rustig gewieg op haar skoot tydens die onderhoud.

Die huis is vol seuntjies wat die humorsin in Janke wakkergemaak het.

“Hulle sê ons gaan reguit hemel toe want ons het ons hel op aarde.”

Haar eggenoot is heel in sy skik met die nuwe aankomeling.

Janke is ‘n gekwalifiseerde dieetkundige by die Standerton Specialised TB Hospital en het in 2014 by hulle aangesluit.

Kovsies is die alma mater en koshuisinwoning by Emily Hobhouse het na skool gevolg vir ‘n B.Sc.

Janke het ook haar magistergraad behaal wat ‘n navorsingstudie oor tuberkulose pasiënte behels.

“Ek het gedink om ‘n doktoraal te doen maar die klompie hou my nou besig.”

Sy is wel besig met ‘n kursus by die Universiteit van die Witwatersrand genaamd “SA Certified Lactation Consultant”.

“Ek is passievol oor borsvoeding en sal ma’s kan ondersteun wat sukkel.”

Janke het die realiteit van die werkende ma onder die loep geneem en gesê dat daar bitter min gesondheidskundiges is wat moeders bystaan van diegene wat nie genoeg melk het nie tot diegene wat by die kantoor moet aanmeld.

“‘n Ma met ‘n drie-dae-oue baba wil nie in ‘n dokterspreekkamer sit nie.”

Die hospitaal in Sakhile se personeel het haar destyds hartlik verwelkom.

“Dit is soos ‘n groot famile wat jou intrek.”

Janke is deeglik bewus van die groot stigma wat aan TB-pasiënte gekoppel word en hulle waardeer as die spyskaart aangepas en voedselaanvullings aanbeveel word.

Sy koördineer die voeding wat aanlynvoedselbestelling insluit en die onderskeid wat tussen verskillende diëte getref moet word.

Ook behartig sy ‘n privaatpraktyk na-ure waar onder meer kinders met allergieë, mense met cholesterolprobleme, diabete, bloeddruklyers en mense wat sukkel met gewig, na haar verwys word.

“Ek beskou dit as ‘n uitdaging om lewenstylsiektes te behandel.”

Sy is musikaal en ‘n klavier en viool vervul haar klassieke musieksmaak.

“Ek het op universiteit vir vier jaar vioollesse geneem,” aldus Janke.

Op hoërskool by SHS is ook tyd ingeruim vir lesse. “Ek hoop maar een van die seuns gaan dit eendag verder neem.”

Landloop, netbal en atletiek was haar sportsoorte en sy stap nog gereeld.

Huisvroutake soos kosmaak skrik haar nie af nie en sy sal graag eerder met kos eksperimenteer.

Die klein Drapertjie slaap maar sleg en ma benut elke kans om te rus, hoewel dit soms gebeur dat sy ook indut as hy ogies toemaak tussen 8vm en 12nm.

Die natuur spreek tot die diepgelowige Drapers wie se seuns se se name, Zakkai die Hebreeus vir Saggeus is en Joshua ‘n Bybelse figuur.

“Ons het hulle sterk name gegee.”

Related Articles

Back to top button