Local newsNews

Oom Koos Brink sterf op Maandag 28 Desember

Hy het vir jare 'n apteek op Evander gehad, 10 jaar by hospitaaldienste gewerk en tot voor Kersfees by Mar-Peh Kliniek gewerk.

Oom Koos Brink, bekende apteker van Standerton, het die stryd teen pankreaskanker verloor.

Hy het vir jare ‘n apteek op Evander gehad, 10 jaar by hospitaaldienste gewerk en tot voor Kersfees by Mar-Peh Kliniek gewerk.

Oom Koos en tannie Ria sou hul 60ste huweliksherdenking op 30 Desember gevier het.

Hy word oorleef deur sy eggenoot, vier kinders, nege kleinkinders en twee agterkleinkinders.

Oom Koos het destyds die herinneringsmuur by die Klipkerk op Standerton gebou en sy as sal in ‘n nissie daar gesit word.

‘n Lofprysings/troosdiens sal in die nuwe jaar gehou word, onderhewig aan Covid-19 regulasies.

“Hy was ‘n man wat geweet het waar sy krag en genade vandaan kom,” het die familie gese.

“Hy laat diep spore in die Standerton-gemeenskap en sy gesin na.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button