Local sportSport

Hengelaars van Secunda trek 224kg se vis by Chrissiesmeer uit

Dié bielie het 7,165kg geweeg.

SECUNDA – Jannie van der Schyff het ‘n kneuwel van ‘n baber tydens die Lekker Hengel Sosiale Klub se November-kompetisie vasgekap.

Dié bielie het 7,165kg geweeg.

Die kompetisie het het vanaf 27 tot 29 November by Chrissiesmeer plaasgevind. Jan Smit het die karp van 3,675kg uitgetrek.

Die 36 hengelaars het saam 266 vis met ‘n totale gewig van 223,78kg gevang.


Jannie van der Schyff vertoon die bielie van ’n baber wat hy in Chrissiesmeer gevang het. (Foto: Verskaf)
Poenna Myburg spog met sy karp. (Foto: Verskaf)
Dennis Sargent met die mandjie vis wat hy gevang het. (Foto: Verskaf)

Related Articles

Back to top button