Local sportSport

Constantino en Ronaldo van Standerton dans medaljes los

Constantino, ’n leerder by Hoërskool Standerton, het in die ‘Solo Latin’ skoonskip gemaak en goue medaljes verower.

Constantino Do O Faustino en Ronaldo Franco Facondini, dansers van die CF Els Dance Studio, het aan die interprovinsiale aanlyndanskompetisie deelgeneem en welslae behaal.

Albei spog met Mpumalanga-kleure na die onlangse ‘Solo Dance Schoolsport’-kompetisie.

Constantino het vanaf 5 November tot 29 November in die S0/15- en S0/18-ouderdomsgroep gedans, terwyl Ronaldo in al die afdelings in die S0/13-ouderdomsgroep gedans het.

Constantino, ‘n leerder by Hoërskool Standerton, het in die ‘Solo Latin’ skoonskip gemaak en goue medaljes verower.

In ‘Performing Arts’ is ‘n silwer medalje behaal, met ‘n vierde plek in ‘Rhythm and Movement’.

Ronaldo, ‘n leerder by Laerskool Standerton, het deurgaans silwer behaal in ‘Latin Solo’, ‘Performing Arts’, asook ‘Rhythm and Movement’.

Die Standerton Advertiser het voorheen oor die dansers berig en hul toekomsplanne het geensins afgewyk van wat voorheen gesê is nie.

Constantino beplan ‘n beroep in die mediese professie en Ronaldo beoog om die wêreld van professionele dans sy eie te maak.

Hulle het in skoolsportdrag aan die kompetisie deelgeneem, waar musiek verskaf word om in net bietjie meer as ‘n minuut beoordeel te word.

Albei se moeders het die mite die nek ingeslaan dat seuns skaam vir dans hoef te wees.

“Dans bou spiere en gee jou selfvertroue,” het Constantino gesê.

Verskillende skoene moet vir die onderskeie dansstyle aangetrek word en die tone vat die impak van die liggaamsgewig.

“Jou tone moet kan buig,” het Constantino ook gesê.

Hul moeders het gesê dat dans nie ‘n maklike sport is en dat die senuwees soms by sulke kompetisies lol.

Dit geld moontlik ook vir mnr. Christiaan Els, voorsitter van ‘Solo Dance Schoolsport’, wat destyds van mening was dat dat dié dans by skole as sport bekendgestel moet word.

Dans begin nou landswyd as skoolsport volgens inligting, erkenning geniet.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button