Community galleriesGalleries

Msukaligwa Fire and Rescue Service besoek Trapsoetjie Klein Skool op Ermelo

Terug by die skool het ’n brandweerman alle spore van stoutigheid van kleuters afgespuit en me. Rozette Fourie, skoolhoof, het kinders met heerlike roomys bederf.

Die Msukaligwa Fire and Rescue Service het op 11 Desember die Trapsoete van Trapsoetjie Klein Skool besoek.

Hulle is oor al die veiligheidsmaatreëls ingelig – onder andere oor hoe om te stop en rol.

Die brandweer se tellefoonnommer behoort nou ook geëts in hul geheue te wees na dit opgesê is en verskeie kere weer herhaal is.

SIEN AL DIE FOTO’S HIER: GALERY – Kleuters van Trapsoetjie Klein Skool op Ermelo baljaar in water tydens brandweer besoek

Kleuters is ook die geleentheid gegee om in die brandweerwa te ry met sirene wat om die blok van die skool geloei het.

Terug by die skool het ’n brandweerman alle spore van stoutigheid van kleuters afgespuit en me. Rozette Fourie, skoolhoof, het kinders met heerlike roomys bederf.

Ouers kan met geruste harte weet vanaand staan hul bloedjies vroeg bed se kant toe.

Related Articles

Back to top button