Local newsNews

Magda neem leisels oor by Davieshof

Administratiewe beampte werk graag met mense.

SECUNDA – Me. Magda Oosthuizen is al die afgelope jaar die nuwe administratiewe beampte by Davieshof.

Sy het voor dit in die tweedehandse winkel, ‘The Bargain Shop’ by Davieshof gewerk.

Me. Oosthuizen woon al jare op Secunda en het op ‘n stadium vir 22 jaar op Bethal gewoon voordat sy terug na Secunda verhuis het.

Sy het op Secunda grootgeword en aan Hoërskool Evander gematrikuleer.

Sy onthou nog hoe sy, toe sy nog op skool was, oor naweke en tydens vakansies by die poskantoor wat destyds nog by ‘n huis was, gewerk en die posbusse se sleutels uitgegee het.

Ná skool me. Oosthuizen vir 15 jaar in die meubelbedryf gewerk en was vir ‘n rukkie ook by die huis waar sy vir haar seun met die boekhouding vir sy ondernemings gehelp het.

Me. Oosthuizen het laterjare afloswerk by Palmoord Ouetehuis op Bethal gedoen en sy verkoop al vir jare droë vrugte.

In haar vrye tyd geniet sy dit om te stap.

Sy het veral graag aan die Parkrun deelgeneem voordat dit weens die inperkingstyd gekanseleer is.

Sy gaan stap egter steeds daagliks en neem ook wanneer moontlik aan 10km-wedlope deel.

Me. Oosthuizen geniet haar werk by Davieshof omdat sy lief is vir mense en graag met oumense en kinders werk.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button