Local newsNews

Kinross VLU-vroue leer van gemengde medium-kunswerke

Adrie wys vroue meer van gemende medium-kuns

SECUNDA – Lede van die Kinross VLU-tak het op Donderdag, 22 Oktober op Secunda bymekaar gekom vir die eerste keer sedert die inperkingstyd begin het.

Dié lede wil die boere in nood-groep ondersteun en het sowat R2 000 onder mekaar ingesamel vir AfriForum se projek om ‘n boks vir ‘n boer in te samel.

Me. Adrie van Niekerk het die vroue gewys hoe om kunswerke van gemengde mediums te maak.

Dit is kunswerke wat met meer as een laag gemaak is.

Me. Van Niekerk het gesê lede kan hul kunswerke volgens spesifieke temas maak en sy hou daarvan om twee skakerings van kleure vir haar agtergrond te gebruik.

Dié VLU-tak sluit in November af vir die jaar en belangstellendes wat by dié tak wil aansluit, kan me. Van Niekerk skakel by 072 834 1554.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button