Nonnie Jordaan ongedeerd en weer veilig tuis
Volgens sy inskrywing op Facebook het sy ma ’n swart top en oranje driekwartbroek aan gehad.
OPVOLG – 25 Oktober: 6.49nm
Die Hoëvelder kan bevestig dat me. Jordaan ongedeerd en veilig terug is by die huis.
Mnr. Werner Smit, haar seun, het aan die Hoëvelder bekendgemaak dat sy broer vanuit Witbank ook onderweg was om na haar te soek, toe sy gevind is.
Hy het sy dankbaarheid teenoor die Ermelo gemeenskap betuig vir hul onbaatsugtige hulp.
Me. Nonnie Jordaan van Ermelo is sedert 12nm vanmiddag, 25 Oktober vermis.
Haar seun, mnr. Werner Smit, het hom na Facebook gewend om mense om hulp te vra.
Volgens sy inskrywing op Facebook het sy ma ’n swart top en oranje driekwartbroek aan gehad.
Sy was glo laaste in De Bruinpark gesien.
Na wat verneem word van haar skoondogter, me. Ashley Kloppers, het sy om die blok gaan stap en het nie teruggekeer nie.
Indien enige iemand meer inligting het, kan hulle mnr. Smit by 061 567 6134 skakel of Ashley by 061 661 4661.