Local newsNews

Vroue dra snaakse hoede

Voorsitter wens almal ’n geseënde Christusfees toe.

SECUNDA – Lede van Morning Glory, die plaaslike tak van die Suid-Afrikaanse Koekversierdersgilde, het Woensdag, 12 November byeen gekom en hul laaste vergadering vir die jaar gehou.

Die tak het onlangs hul jaarlikse afsluiting by ’n plaaslike restaurant geniet en het die tafel vir Woensdag se vergadering ook feestelik gedek en sjampanje en verversings geniet.

Die voorsitter, me. Judy Wessels, het haar komitee, asook die ander lede bedank en ’n geseënde Christusfees en nuwe jaar toegewens.

Vroue het snaakse hoede vir dié vergadering gedra en dié met die beste hoede het pryse gewen.

Morning Glory vergader weer in Januarie.

Vir meer inligting, skakel me. Wessels by 083 739 8812.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button