NewsSchools

Laerskool JJ van der Merwe spog met beste 80m-hekkiesatleet in Suid-Afrika

Mnr. Marius Nel, Laerskool JJ van der Merwe se hoof, het gesê: “Ons is voorwaar baie trots op die jong atleet se uitstekende prestasie.”

Weens die Covid-19-regulasies het vanjaar se skolesport heel anders as die van die vorige jare verloop en kon die Suid-Afrikaanse Atletiek Kampioenskap ook nie vanjaar plaasvind nie.

Die Suid-Afrikaanse Skole Sport Sterre is ’n platform wat geskep is om erkenning aan die sportsterre op hoërskool- en laerskoolvlak te gee.

Die bepalings van die ranglys is vanjaar aangepas en leerders se beste tye gedurende die seisoen is ingestuur om sodoende hul plek op die ranglys te bepaal.

Morné Engelbrecht van Laerskool JJ van der Merwe het tydens die Mpumalanga Kampioenskap ’n uitstekende tyd van 11.21sekondes in die 80m-hekkies vir seuns 0/13 gehardloop.

Dié tyd het hom eerste op die ranglys geplaas en is hy as die beste 80m-hekkiesatleet in Suid-Afrika aangewys.

Mnr. Marius Nel, Laerskool JJ van der Merwe se hoof, het gesê: “Ons is voorwaar baie trots op die jong atleet se uitstekende prestasie.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
You can read the full story on our App. Download it here.

Related Articles

Back to top button