Local sportSport

Constantino en Ronaldo verwerf provinsiale kleure in dans

Altesaam ses beoordelaars het na die minuutlange danspassies gekyk om ’n oordeel te vel, en hulle was boonop in skoolklere.

Twee dansers van die CF Els Dance Studio het Mpumalanga-kleure verwerf na die onlangse ‘Solo Dance Schoolsport’ kompetisie wat aanlyn gehou is.

Constantino Do O Faustino, leerder by Hoërskool Standerton, het eerste in twee afdelings naamlik ‘Performing Arts’ en ‘Rhythm and Movement’ geëindig en ‘n tweede plek in ‘Solo Latin’ losgeslaan.

Constantino het in die 15 en 0/15-ouderdomsgroep meegeding.

Ronaldo Franco Facondini, leerder by Laerskool Standerton, het ook eerste in twee afdelings geëindig, naamlik ‘Solo Latin’ en ‘Rhythm and Movement’ en ‘n derde plek in ‘Performing Arts’ behaal.

Ronaldo het in drie ouderdomsgroepe gedans, 12 en 0/12, 13 en 0/13 en 15 en 0/15.

Albei is gekies vir die Gert Sibande-span.

Hul voorkeure oor die dansstyle het merendeels ooreengekom.

“Ek hou van ‘Solo Latin’ omdat tegnieke gebruik kan word, hoewel samba die lekkerste is,” het Constantino gesê.

Ronaldo, wat reeds vier jaar dans, het dit beaam.

Constantino, wat al vyf jaar dans, het bygevoeg dat ‘Performing Arts’ te doen het met emosie, gevoelens en passie.

Altesaam ses beoordelaars het na die minuutlange danspassies gekyk om ‘n oordeel te vel, en hulle was boonop in skoolklere.

Nou wag die nasionale kompetisie op hulle waar hulle die hele land se deelnemers sal moet uitstof.

Ronaldo sing koor by Stannies en Constantino by SHS.

Die een beoog om ‘n professionele danser te word en moet nie ‘n ontwerpkursus vergeet nie, terwyl die ander een sy oog op die mediese professie het.

“Met dans leer jy baie en maak vriende,” het hulle mee afgesluit.

Mnr. Christiaan Els, voorsitter van ‘Solo Dance Schoolsport’, het gesê dat dié dans by skole as sport bekendgestel word.

Related Articles

Back to top button